Fridtjof Nansen

Fridtjof Nansen
Gebore10 Oktober 1861
Store Frøen, Christiania, Noorweë
Sterf13 Mei 1930 (op 68)
Polhøgda, Lysaker, Noorweë
NasionaliteitNoorweegs
BeroepWetenskaplike, ontdekkingsreisiger, filantroop
EggenootEva Sars (oorlede op 1 Desember 1907)
Sigrun Munthe
Kinders2 dogters en 3 seuns
Ouer(s)Baldur en Adelaide (née Wedel-Jarlsberg) Nansen
Handtekening

Luafout in Module:Check_for_unknown_parameters op reël 93: attempt to call field '_warning' (a nil value)

Fridtjof Nansen (*10 Oktober 1861 – †13 Mei 1930) was ’n Noorweegse ontdekkingsreisiger, wetenskaplike, diplomaat en filantroop en wenner van die Nobelprys vir Vrede. Hy was in sy jong jare ’n ski- en ysskaatskampioen en het die span gelei wat die eerste was om die binneland van Groenland in 1888 te deurkruis. Hy het internasionale roem verwerf nadat hy ’n rekord noorderbreedte van 86°14’ bereik het gedurende sy Noordpool-ekspedisie van 1893–1896. Hoewel hy na sy terugkeer na Noorweë afgetree het van ontdekkingsreise, het sy tegnieke van poolreis en sy innovasies in toerusting en klerasie ’n generasie van Arktiese en Antarktiese verkenningstogte beïnvloed.

Nansen het dierkunde aan die Koninklike Frederik-universiteit studeer en later gewerk as kurator by die Universiteitsmuseum in Bergen waar sy navorsing oor die sentrale senuweestelsel van laer seediere hom gehelp het om ’n doktorsgraad te verwerf; dit het ook bygedra om die moderne teorieë van neurologie te vestig. Na 1896 het sy wetenskaplike belangstelling oorgeskakel na oseanografie; in die loop van sy navorsing het hy talle wetenskaplike reise onderneem, hoofsaaklik in die Noord-Atlantiese oseaan, en bygedra tot die ontwikkeling van moderne oseanografiese toerusting. As een van Noorweë se mees prominente burgers het Nansen in 1905 hom uitgespreek oor die Unie tussen Swede en Noorweë en het hy ’n belangrike rol gespeel om Prins Karel van Denemarke te oortuig om die troon van die nuwe onafhanklike Noorweë te bestyg. Tussen 1906 en 1908 het hy gedien as die Noorse verteenwoordiger in Londen waar hy gehelp het met die onderhandeling van die Integriteitsverdrag wat Noorweë se onafhanklike status verseker het.

In die laaste dekade van sy lewe het Nansen hom hoofsaaklik gewy aan die Volkebond na sy aanstelling in 1921 as die Bond se Hoë Kommissaris vir Vlugtelinge. In 1922 is hy vereer met die Nobelprys vir Vrede vir sy werk ten bate van die ontwortelde slagoffers van die Eerste Wêreldoorlog en verwante konflikte.[2] Onder die inisiatiewe wat hy ingestel het was die Nansen-paspoort vir staatlose mense, ’n sertifikaat wat in meer as 50 lande erken is. Hy het tot sy skielike dood in 1930 gewerk ten gunste van vlugtelinge. Na sy dood het die Volkebond die Nansen Internasionale Kantoor vir Vlugtelinge ingestel om te verseker dat sy werk voortleef. Hierdie kantoor het in 1938 die Nobelprys vir Vrede gewen.[3] Nansen is deur talle nasies vereer en sy naam word herdenk in verskeie geografiese funksies, veral in die poolgebiede.

  1. (no) Nansen, Fridtjof (1929). "Min tro" (PDF). Nansens røst, andre bind: 1. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 28 Desember 2013. Besoek op 1942. {{cite journal}}: Gaan datum na in: |accessdate= (hulp)
  2. "The Nobel Peace Prize 1922" (in Engels). Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Junie 2018. Besoek op 6 Oktober 2017.
  3. "The Nobel Peace Prize 1938" (in Engels). Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Junie 2018. Besoek op 6 Oktober 2017.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search